Toetsbestuur dag 1 gratis! Regs-klik hier en kies "Save as.." om af te laai

Die Inhoud van die Boek

Die boek is ingedeel in 9 dele, Deel A tot Deel I. Die eerste vyf dele dien as inleiding tot die Voorgestelde Daaglikse Roetes wat in Deel F vervat is.

Die daaglikse roetes is opgedeel in twintig dae en elke dag se roete word beskryf met fotos en verduideliking van wat by elke aandagspunt van belang is.

Die fotos is groot en wyd en gee 'n goeie indruk van die plek, of dit nou 'n watergat, 'n dam, 'n windpompgedrewe drinkplek, 'n piekniekplek of 'n kamp is.

Die fotos, tesame met die bladsy waarop hulle geplaas is, kan vergroot word, sodat die uitsig daarvan verbeter kan word – iets wat nie met fotos wat in 'n papiergedrukte boek verskyn, gedoen kan word nie.

In hierdie gedeelte het ek ook interessante brokkies ingesluit wat meer vertel van die diere, voëls, plante en bome van die Krugerwildtuin.

Bogenoemde gedeelte kan maklik gedruk word op A4 grootte papier om saam te neem op die dag se toer.

Aan die einde van elke dag, verskaf ek 'n lys van aandagpunte, draaipunte, die afstande vanaf die hek, die kumulatiewe afstand en die kumulatiewe rytyd tussen die hek en die aandagpunt of draaipunt.

Hierdie lys sal nuttig wees om die dag se roete te beplan en dit kan ook maklik gedruk word op A4 om saam te neem op die dag se roete om as 'n aftiklys te dien en moontlike vertragings (hopelik as gevolg van mooi natuurgebeure) wat deur die dag plaasvind in die res van die dag se beplanning te integreer om seker te maak dat die hek nog oop gevang word aan die einde van die rit.

Indien u nie die roetes slaafs navolg nie, sal die inligting in hierdie gedeeltes vervat, nogtans van groot waarde wees om u te help om u eie roetes te ontwerp.

Deel G stel 'n korter 11 dag roete voor, wat die doel het om mense wat minder tyd het, 'n aanduiding te gee van watter roetes in korter tye getoer kan word. Dit bevat myns insiens die beste dele wat die meeste waarde sal bied as tyd 'n faktor is.

Net soos met die eerste gedeelte kan korter dele gedoen word en elkeen kan die inligting daarin gebruik om 'n daaglikse ritplan te ontwerp as die voorgestelde roete nie na u smaak is nie.






voorbeeldvolblad

Bladsy uittreksels vanuit die eBoek

voorbeeld1-kruger-kaart

voorbeeld-met-kaart2


voorbeeld-volleblad2