Die nuwe PDF eBoek oor die Krugerwildtuin

In Afrikaans. Slegs R70.00

  Toetsbestuur dag 1 gratis! Regs-klik hier en kies "Save as.." om af te laai

Of die boek geskryf sou wees as ons vooraf geweet het hoeveel werk, skoolgeld, tyd en moeite dit sou meebring, is ek nie seker van nie. Maar uiteindelik was dit lekker as mens terugkyk en ek voel tevrede dat die boek beslis waarde vir geld bied, beide as inligtingsbron terwyl mens in die Kruger reis en ook as beplanningshulpmiddel voor die rit.

As u graag op 'n 20 dae toer deur die Krugerwildtuin wou gaan, maar nie die tyd daarvoor het nie, is dit nou maklik. Hierdie boek vat jou op 'n 20 dae 'toer' sonder koste, sonder moeite, in een dag se lees.

Die boek het tans 340 bladsye, versier met 380 meesal groot, wye fotos, beskrywings van 304 aandagspunte soos damme, drinkplekke, piekniekplekke, uitkykplekke, ruskampe, watergate en ander interessante brokkies oor dinge soos die Krugerwildtuin se diere, bome en ook oor die mense wat die Wildtuin besoek.

Die boek beskryf 'n stel van 20 dagritte wat u kan onderneem deur die hele Wildtuin, met slegs 'n paar kilometer pad wat nie ingesluit is nie. Daar is ook 'n korter roete wat tien dae sal duur, waar ek die roetes wat ek nou, na my ondervinding van al die roetes, sal volg as ek minder tyd sou hê en die beste roete sou moes uitsoek. Hierdie twee roetes behoort u genoeg data te verskaf om u eie roetes te kan ontwerp wat by u tyd en smaak sal pas.

Die ritte se aandagspunte word aangedui op kopieë van Tracks4Africa se elektroniese kaart van die Wildtuin. Elkeen van hierdie aandagspunte word toegelig met 'n foto en beskrywing van die plek, wat hierdie boek voorwaar die tweede beste bron van inligting maak behalwe 'n persoonlike besoek aan die Krugerwildtuin.

Die boek word verskaf in PDF formaat (wat kan uitdruk op A4 bladsy grootte) wat u in staat stel om die boek op u persoonlike rekenaar, skootrekenaar en meeste van die eBoek lesers wat vandag beskikbaar is, te lees. U kan maklik in die boek soek na enige woord of sin en ook die grootte van die bladsye en fotos stel sodat dit vir u gemaklik lees en die fotos duideliker vertoon.

Indien u die Wildtuin besoek en u wil graag die boek saamneem, is dit maklik om die dae se ritte wat vir u van toepassing is, te druk en saam te neem op die dag se roete.

Die voorblad van Die Kruger in 20 Dae

Beprekings Navrae - Grooter Kruger Lodges

Kruger Konsessies

Photo of Lukimbi Lodge in the Kruger
Kruger Park Konsessies

Lion Sands

Photo of Narina Lodge in Lion Sands
Lion Sands Wildtuin

Londolozi

Photo of Varty Camp in Londolozi

Luukse Lodges in Londolozi

Ngala Game Reserve

Photo of Ngala Tented Camp
Lodges in Ngala Wildtuin

Sabi Sand

Photo of Idube Game Lodge in Sabi Sand

Lodges in Sabi Sand Wildtuin